Ons Storie
Ons het mekaar ontmoet… op ’n plek wat ons liewer nie hier gaan noem nie. 😉 Maar glo ons, dit was die moeite werd.
Studentejare saam op Tukkies het ons gehou van te veel koffie en net genoeg chaos. In 2020 het ons saam ons graad gevang – en ontdek dat ons nogsteeds van mekaar hou ná al die eksamens.
As ons nie by Koffiebuz gesit het nie, was ons waarskynlik op ’n dansvloer. Ja, ons was omtrent elke naweek by Weiveld – want as daar musiek is, is ons daar. 💃🕺
Intussen het Pieter geleer dat wyn eintlik lekker is, dat koffie nie vier suikers nodig het om lekker te wees nie, én dat kamp nie altyd ’n straf is nie. Lizahn het geleer dat krieket meer as net mans in wit klere is.
Na 9 jaar se lag, dans, wyn en kampvure, het Pieter uiteindelik die groot vraag gevra – en Lizahn het natuurlik “JA” gesê! Nou sien ons uit na nog baie jare van liefde, lag en dans… hierdie keer as man en vrou.
1 Corinthians 13:13
“And now these three remain: faith, hope and love. But the greatest of these is love”











